Die Kooperasie, met sy hoofkantoor te Humansdorp, is gelee digby gesogte strandoorde soos Jeffreysbaai en St Francisbaai en slegs 100km vanaf Port Elizabeth. Ons bedieningsgebied sluit onder andere die Visriviervallei,
Tsitsikamma en Langkloofareas in, wat as die mekka van melkproduksie beskou word, asook sitrusvrugte en varsprodukte boerderybedrywighede in die Gamtoosriviervallei en Sondagsriviervallei.
Assistent-Takbestuurder
Golden Valley-tak
Tsitsikamma en Langkloofareas in, wat as die mekka van melkproduksie beskou word, asook sitrusvrugte en varsprodukte boerderybedrywighede in die Gamtoosriviervallei en Sondagsriviervallei.
Assistent-Takbestuurder
Golden Valley-tak
Die posbekleer rapporteer direk aan die Takbestuurder.
Vereistes:
- 'n Graad 12 of NKR Vlak 4 BestuurskwalifikasieÂ
- 2-3 jaar ondervinding in aankope, voorraadbestuur en -beheer, asook die direkte bestuur/toesighouding van personeel
- Genoegsame ervaring in die toepassing en beheer van administratiewe stelsels en verkope van landbouprodukte
- Goeie interpersoonlike vaardighede, met 'n sterk fokus op klienteverhoudinge en gesonde personeel- bestuurspraktyke binne 'n gespesialiseerde omgewing
- Vermoe om aan 'n verskeidenheid van take gelyktydig aandag te gee, maar steeds akkuraat tewerk te gaanÂ
- Besluitneming in die pos vereis dat persone met die nodige outoriteit kan optree en vinnige planne kan maak om aan die vereistes van die markomgewing te voldoen
- Goeie inskakeling by die waardes en kultuur van die Kooperasie.
Sleutel prestasie-areas:
- Opstel en bestuur van begrotings
- Doeltreffende, effektiewe aankope en bestuur van voorraaditems
- Personeelbestuur
- Prestasiebestuur, fasilitering van interne opleiding, aanbiedings en oriënteringsprogramme
- Uitnemende klientediens deur innoverende denke.
Kandidate wat aan die vereistes voldoen word aangemoedig om aansoek te doen deur ‘n volledige CV en dekbrief, asook afskrifte van kwalifikasies, te stuur aan die Menslike Hulpbronnebestuurder, Posbus 27, Humansdorp 6300, of e-pos: elzaanjvv@humkoop.co.za of faks: 086 718 2813.
Vir meer inligting kontak mnr A Vivier by 082 893 9806 of andrev@humkoop.co.za of 087 700 4372.
Sluitingsdatum: Maandag, 7 Oktober 2013
Indien u nie voor 31 Oktober 2013 gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
0 comments:
Post a Comment