Die Kooperasie, met sy hoofkantoor te Humansdorp, is gelee digby gesogte strandoorde soos Jeffreysbaai en St Francisbaai en slegs 100km vanaf Port Elizabeth. Ons bedieningsgebied sluit onder andere die Visriviervallei,
Tsitsikamma- en Langkloofareas in, wat as die mekka van melkproduksie beskou word, asook sitrusvrugte en varsprodukte boerderybedrywighede in die Gamtoosriviervallei en Sondagsriviervallei.
Tsitsikamma- en Langkloofareas in, wat as die mekka van melkproduksie beskou word, asook sitrusvrugte en varsprodukte boerderybedrywighede in die Gamtoosriviervallei en Sondagsriviervallei.
Interne Bemarker
Golden Valley-tak
Die posbekleer rapporteer direk aan die Assistent-Takbestuurder.
Vereistes:
- 'n Graad 12 (Std 10)
- Genoegsame ondervinding in die bemarking en verkope van handelsprodukte binne 'n landbou-omgewing
- Bewese uitnemende diens aan kliente en goeie kennis van produkte, produkreekse en samestelling van produklyne
- Rekenaargeletterdheid, met 'n basiese kennis van die Internet/e-pos, MS Word en Excel
- Sterk administratiewe en syfervaardighede
- 'n Positiewe en vriendelike gesindheid teenoor alle kliente
- Vermoe om taktvol te kan optree en uitnemende klientediens te verseker
- Sterk interpersoonlike en kommunikasievaardighede
- Goeie inskakeling by die waardes en kultuur van die Kooperasie.
Sleutel prestasie-areas:
- Promosie en uitstalling van produkte, produkreekse en produklyne
- Versekering van beskikbaarheid van voorraad en bekamping van voorraadverliese
- Bevordering van verkope en werwing van nuwe kliente
- Uitnemende klientediens
- Algemene afloswerk by toonbank en ander relevante areas.
Kandidate wat aan die vereistes voldoen word aangemoedig om aansoek te doen deur 'n volledige CV en dekbrief, asook afskrifte van kwalifikasies, te stuur aan die Menslike Hulpbronnebestuurder, Posbus 27, Humansdorp 6300, of e-pos: elzaanjvv@humkoop.co.za of faks: 086 718 2813.
Vir meer inligting kontak mnr A Vivier by 082 893 9806 of andrev@humkoop.co.za of 087 700 4372.
Sluitingsdatum: Maandag, 7 Oktober 2013
Indien u nie voor 31 Oktober 2013 gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
0 comments:
Post a Comment